Stay up-to-date with all the exciting events we have in store for you.

 From beauty pageants and sports events to themed parties and concerts, our team is always working to bring you the best in entertainment. Check out our upcoming events and mark your calendars to join us for a fun-filled experience. Whether you’re looking for a night out with friends or a family-friendly event, we have something for everyone. Stay tuned for updates and get ready to make some memories with EE Factory

From concerts to festivals, find it all here

Anrich

Anrich en sy span maak gereed vir optredes regoor die land. Anrich, die opwindende nuwe ster aan die Afrikaansemusiekfront, is besig om landwyd opslae te maak met sy unieke klank en dinamiese verhoogoptredes.

Met sy eerste twee enkelsnitte, “Ys & Kaffeïen” en “Die Vloer Is Lava”, het hy onmiddellik luisteraars se harte gesteel en radiostasies oor die land se speellyste oorheers.

Nadat hy sy nuwe musiek op gewilde TV-programme soos “Die Groot Ontbyt” en “Expresso Morning Show” bekendgestel het, is Anrich nou gereed om sy energieke lewendige vertonings regoor die land aan te bied.

Saam met sy span aan sy sy kan gehore uitsien na ’n skouspel vol bekende treffers, oorspronklike liedjies en verrassings wat almal se voete sal laat dans.

Anrich is geen vreemdeling vir die verhoog nie. Hy was die hoofsanger van die gewilde groep “Legkaart”, en liefhebbers van dié musiek kan verwag om weer gunstelinge soos “Wentelbaan” en “Ek Is Daar” lewendig te hoor.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie—kom ervaar die musikale talent van Anrich en sy span in ’n optrede wat beloof om onvergeetlik te wees.

Kyk gerus hier na sy musiekvideos:

“Ys en Kafeien”: https://www.youtube.com/watch?v=cU2cYLcs3d4

“Die Vloer is Lava”: https://www.youtube.com/watch?v=BtNRKfIFP7M

Volg hom op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/LegkaartOfficial

Instagram: https://www.instagram.com/anrich_musiek/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@anrich_musiek

Andriëtte Norman

Andriëtte Norman het bekendheid verwerf as naaswenner van Idols SA (2007) en het haar debuut album Diamant in 2008 uitgereik, wat ‘n Vonk-toekenning gewen het. Sy het daarna verskeie suksesvolle albums uitgereik, insluitend Wat Rym met Liefde (2014), wat ’n Ghoema-toekenning ontvang het. Met groot verhoogoptredes soos Huisgenoot Skouspel en Krone, het sy ook inspirasie en mentorskap van die oorlede Theuns Jordaan ontvang. Vandag is Andriëtte ‘n trotse Vonk kunstenaar en haar besprekings word deur Entertainment & Event Factory behartig.

Anzélle

Anzelle is seker een van die mees belowende jong opkomende kunstenaars in ons land. Al is sy net 21 jaar oud het sy dit alreeds reg gekry om ‘n groot impak op mense te maak met haar buitengewone sangtalent.

Na die sukses van haar debuut enkelsnit, “Klein Botteltjie Groot Gif” is sy vandag terug met haar tweede enkelsnit, Lawaaiwater, en dit gaan julle voete behoorlike laat jeuk.

Ons het net een lewe, so kom ons lewe. Lawaaiwater beskryf die lewe van ‘n student in ‘n neutedop. Jy is in die fleur van jou lewe, saam met mense vir wie jy lief is, besig om die tyd van jou lewe te hê. Lawaaiwater is geskryf deur Roux Cloete & Dirk van Niekerk en dit is gebasseer op die ware lewensverhaal van elke student in die land.

Om ‘n goeie aand te hê gaan gewoonlik gepaard met iets om te drink, vir party mense is ‘n Lawaaiwater sommer net koffie of tee, vir ander is dit dalk ‘n Powerade of self ‘n kortetjie. Lawaaiwater is enige iets wat jou in die bui sal sit om die tyd van jou lewe te hê.

Die doel met hierdie liedjie is om vir mense iets te gee om te kuier maar sommer ook te laat langarm. Wees jonk, wees vry en geniet die oomblik waarin jy jouself bevind.

“Lawaaiwater is defnitief die nuwe kuierliedjie vol lewe en energie. Dit is ‘n goedvoel liedjie vir al die studente wat al hulle deurnag kuier aande gehad het waar hulle gedans het, gelag het, en net ‘n lekker tyd saam met hulle vriende geniet het.” – Vertel Anzelle

Kyk en luister gerus na haar musiekvideos:

Lawaaiwater: https://www.youtube.com/watch?v=hcv4FUSNiwQ

Klein Botteltjie Groot Gif: https://www.youtube.com/watch?v=AHLsTNGMCxk

Volg haar op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/AnzelleMusiek

Instagram: https://www.instagram.com/a.n.z.e.l.l.e/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@a.n.z.e.l.l.e_

Anzelle is gebore om op die verhoog te wees. Die toekoms lyk blink vir ‘n buitengewone kunstenaar soos sy en ons kan nie wag om te sien wat die res van haar toekoms vir ons inhou nie.

 

Bibi

Bibi het eintlik geen bekendstelling meer nodig nie, al word sy soms herken as “Daai Girl” in die musiekbedryf.

Bibi het al in baie kunstenaars se musiekvideos gespeel, onder andere in Pieter Smith se “Willemiena van Gezina”, Jan Jan Jan se “Hy’s ‘n Lekker Ou” & Juanita Du Plessis se “Liewe Jinne”. Bibi was ook al te sien as die skreeusnaakse Tannie Martha op die Afrikaans Is Groot verhoog.

“Ek speel in baie musiekvideos van ander kunstenaars en mense herken my soms en sê: “Jy’s mos Daai Girl”, toe wil ek graag ‘n liedjie skryf oor al die dinge wat my uniek maak en laat uitstaan. Ek is die snaakse een, die een wat kliphard lag, die een wat die partytjie bring. Ek is Daai Girl”

Bibi was nog altyd lief vir musiek en dit was vir haar lekker om in ander se musiekvideos te speel, maar nou is dit haar beurt om haar eie stempel op die musiekbedryf af te druk met haar eie musiek en musiekvideos.

In die musiekvideo sal daar gesien word dat die lirieke van die liedjie mooi uitgebeeld word. Die meisie wat saam met die manne kan braai, maar ook saam met die girls kan wyn drink. Die meisie wat ‘n skelm soen steel en ‘n armdruk kompetisie wen. Die video bevat ‘n klomp humoristiese oomblikkies wat uniek is en mense lekker sal laat lag.

Musiek was nog altyd Bibi se eerste liefde, vanaf haar dae in die koor by Laerskool Kruinsig tot by Hoërskool Brandwag waar sy die hoofrol in die revue-produksie vertolk het, het Bibi nog altyd geweet dit is wat sy die res van haar lewe wil doen.

“Ek wil fun hê en wil mense maak vergeet van hulle moeilike dag, en hulle uit hulle maag uit laat lag. Lag is immers die beste medisyne.”

‘n Harde les wat Bibi al geleer het in die 14 jaar wat sy al in die musiekbedryf is, is dat almal vervangbaar is en dat jy nooit groter is as die game nie.

Bibi se sin vir humor is wat haar “magic” is, en om mense te maak lag is haar gunstelling ding in die wêreld.

Kyk en luister na haar musiekvideo:

Daai Girl: https://www.youtube.com/watch?v=kD07zBdAgeg

 Volg haar op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/profile.php?id=100005523078679

Instagram: https://www.instagram.com/bibi_artist_sa/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@bibi_artist_sa?lang=en

 

Christo Golden

Die 26jarige jong man van ’n klein dorpie in Limpopo wat tans sy droom uitleef in die groot stad Pretoria, is Christo Golden ’n passievolle aanbieder en seremoniemeester.

Met ’n stem wat dra oor skare van duisende mense en met energie wat elektries is, is hy definitief die perfekte en regte keuse vir jou volgende fees, funksie en of troue!

Time Square Arena is net een van die massiewe venues waar hy al opgetreë het as MC.

Christo het tans meer as 35 000 volgelinge op al sy verskillende sosiale media platforms, as ’n leefstyl “influencer”.

Christo se stem word ook gebruik om stemopnames te maak vir radio en televisie advertensies.

In sy vrye tyd het hy sy eie bemarkings maatskappy Golden Media Marketing Pty Ltd, waar hy baie as ’n kenner op die gebied, besighede se sosiale media platforms vir hulle bestuur. Hy doen ook grafiese ontwerpe en fotografie.

Volg hom op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/GoldenEntertainmentSA

Instagram: https://www.instagram.com/christo_golden/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@christogolden

Demarié

Sanger-Liedjieskrywer Demarie stel haar eie vertolking van die bekende Country-treffer, Black Coffee, vry. Met haar unieke toon en vokale vermoëns bring sy nuwe lewe in die klassieke country-treffer met hierdie gestroopte akoestiese omslag.

Hierdie ywerige sanger-liedjieskrywer het haar gevestig as ‘n talent om na te kyk. Sy het reeds op sestienjarige ouderdom haar debuutliedjie, “Oomblik saam jou,” vrygestel. Sy het by ‘n wye verskeidenheid geleenthede opgetree, insluitend feeste, korporatiewe byeenkomste, skoolkonserte, KANSA-fondsinsamelings, en nog baie meer.

Sy het ‘n merkwaardige stem en ‘n onpeilbare liefde vir musiek. Sy komponeer haar eie liedjies op die kitaar, klawerbord of ukulele, wat haar talente as ‘n veelsydige musikant ten toon stel.

“Om musiek te skryf is my manier om my siel met die mense om my te deel,” stel Demarie.

Elke optrede demonstreer Demarie se liefde vir musiek; haar lirieke is hartlik en dra die idee oor dat musiek ervaar moet word eerder as net gehoor word.

Hierdie jong, begaafde musikant hoop om voor miljoene aanhangers op van Suid-Afrika se grootste verhoë op te tree en haar narratief via musiek te vertel.

Sy volg onwrikbaar haar eie voorbeeld, en haar roerende verhaal sal jongmense inspireer om groot te droom en optimistiese toekoms te hê.

Demarie dink dat doelwitte talent, harde werk, toewyding en deursettingsvermoë vereis. Sy dink ook jy moet nooit moed opgee nie, al lyk dinge dalk nie altyd maklik nie.

Demarie se honger en dryfkrag na sukses sal haar aanmoedig om dit te laat gebeur.

Kyk en luister gerus na haar musiekvideo:

Black Coffee: https://www.youtube.com/watch?v=PFb7Eai-NKo

Volg haar op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/profile.php?id=100087988014283

Instagram: https://www.instagram.com/demarie_musiek/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@demarie_musiek

 

Elsjé

Elsjé weet waaroor ware liefde gaan en hoe om die stukke op te tel ná ʼn gebroke liefde, en sing oor dié universele ervaring in haar jongste enkelsnit, Stroom. Stroom is ʼn Afrikaanse popliedjie en die jong sangeres het die liedjie saam met gesoute liedjieskrywers Hugo Ludik en Nicholas Jordaan geskryf. Elsjé sê sy is deur ʼn verhouding wat sleg geëindig het en glo Stroom sal hoop skep dat ware liefde bestaan vir luisteraars wat self deur ʼn moeilike tyd gaan. “Enige verhouding het goeie en moeilike tye maar as hulle fondasie gevestig is sal niks hulle skei nie,” sê Elsjé. Stroom het ʼn positiewe, hoopvolle boodskap met ʼn treffende melodie wat die voete behoorlik aan die jeuk en skoffel gaan kry.

Die musiekvideo vir Stroom speel af op ʼn plaas naby Roodeplaatdam, waar ʼn enkellopende stadsmeisie en haar vriende ʼn safari-rit onderneem. Op dié rit vang die toergids eers nie haar oog nie, maar dan word sy flou en droom hoe die toergids al hoe aantrekliker raak hoe nader sy aan hom kom. Gerduan is die videograaf wat die verfilming van die video behartig. Elsjé en Chris Potgieter het die regie hanteer. Chris vertolk ook die rol van die toergids. Elsjé is al vir byna twee jaar aktief in die musiekbedryf doenig en het voorheen aan ʼn legio talent- en sangkompetisies deelgeneem. “Musiek is my passie, my ontspanning en hoe ek ontsnap van die werklikheid.”

Meer oor die kunstenaar: Blonde Elsjé se passie is onblusbaar. Hierdie 23-jarige blondekop van Pretoria is beslis nie een wat wag dat dinge in haar skoot val nie. Elsjé is een van ‘n tweeling. Sy en haar broer, Daniël, werk al van 7-jarige ouderdom in hulle familiebesigheid waar sy vandag ‘n groot rol in die besigheid speel. Elsje’ is gebore en getoeë in Pretoria, het gematrikuleer by Hoërskool Montana, en het na skool ‘n 3-jaar kursus by Varsity College in Strategiese Besigheidsbestuur studeer. Haar gesin is baie musikaal en beide haar ouers hou van sing. Haar pa het menigte aande gesing in die sitkamer op sy klankstelsel en so het sy die liefde ontdek vir sing. Van kindsbeen af het Elsjé altyd naweke om die kampvuur almal vermaak en dit wat naaste was – stoel of tafel was haar verhoog. Tydens haar laerskoolloopbaan by Laerskool Magalieskruin was sy lid van die skoolkoor en sodoende al vroeg besef sy wil solo sing! Sy het voor haar klasse begin staan en sing. “Die klaskinders het my baie gemotiveer en van daaraf het ek net geweet ek wil sang my loopbaan maak.” het Elsje’ gesê. Met verskeie talentkompetiesies en heelwat toekennings het sy nooit ophou om die familie te vermaak by al wat n geleentheid is nie. Haar tweeling broer, Daniël, is ook haar regterhand met optredes as dit kom by klank. Sy is n avontuurlustige, energieke mens wat borrel met passie. Sy hou daarvan om naweke haar 4×4 quad bike aan te durf. Sing is Elsjé se lewe, sy werk elke dag om haar stem daar buite te kry. Elsjé is al deur n paar teleurstellings maar sy bly by haar twee gunstelling leuses: “wees wie jy is” en “onthou, ‘n aanhouer wen”. Sy sal nooit opgee op haar Godgegewe talent nie.

Kyk en luister gerus na haar musiekvideos:

21 Vir Altyd: https://www.youtube.com/watch?v=3RvJoqwY4Vk

Stroom: https://www.youtube.com/watch?v=1tvvN8fxX-E

Volg haar op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/elsje.bonthe

Instagram: https://www.instagram.com/elsje_officialmusic/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@elsjeofficial

Sensasie

Chris Knoesen, a.k.a Sensasie is ‘n Suid-Afrikaanse vervaardiger en DJ, het sy musiekloopbaan op die ouderdom van 15 begin.

25 jaar later ontwikkel hy steeds sy kuns en deel sy liefde vir elektroniese musiek.

Sedert sy eerste vrystelling dateer uit 2008, het hy ‘n rits invloedryke plate gelewer, met meer as 50 vrystellings plaaslik en internasionaal (Sony, Universal, Poker Flat, Hive Audio, Ein2, Defected, Soul Candi, & Just Move rekords om net ‘n paar te noem)

Hy het die kuns van sintese en klankontwerp bemeester, wat hom 3 Suid-Afrikaanse Musiek-toekenning (SAMA) benoemings besorg het.

Sy DJ-stelle bestaan ​​meestal uit sy eie musiek en produksies, en daarom kan hy aanpas by baie genres van Deep House tot Melodic en Afro House.

Hy het die afgelope 15 jaar by van die grootste feeste en geleenthede in Suid-Afrika gespeel, en het elke sub-genre van housemusiek in sy professionele loopbaan verken.

‘n Werklik diverse kunstenaar, met ‘n kennis in elektroniese musiek wat oor 25 jaar strek.

Luister gerus na ‘n paar van sy treffer remixes:

Neem my op Vlerke: https://www.youtube.com/watch?v=4IpITtYff50

Soos Bloed: https://www.youtube.com/watch?v=O-vTRT4f8Nw

Byeboerwa: https://www.youtube.com/watch?v=BjkeTdSV86k

Liefling: https://www.youtube.com/watch?v=bYcEy_aeShI

Volg hom op sosiale media platforms:

Facebook: https://web.facebook.com/sensasie.musiek

Instagram: https://www.instagram.com/sensasie_musiek/?hl=af

TikTok: https://www.tiktok.com/@sensasie0

 

Follow Us On Social Media For All The Excitement

This message is only visible to admins.
Problem displaying Facebook posts. Backup cache in use.
Click to show error
Error: Error validating access token: The session has been invalidated because the user changed their password or Facebook has changed the session for security reasons. Type: OAuthException

Subscribe to our newsletter

Get in touch with us

8 + 7 =